Die logiese gevolge van "regstellings" in die landbou [boodskap #97461] |
Mon, 30 August 2004 18:11 |
P65
Boodskappe: 126 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die logiese gevolge van "regstellings" in die landbou
`n PAAR jaar gelede, toe die spreekwoordelike papaja die waaier
getref het in Zimbabwe, is iemand wat voorspel het dat Suid-Afrika
presies dieselfde pad gaan loop, maklik uitgelag of stilgemaak.
Niemand mag Suid-Afrika met Zimbabwe vergelyk nie, is gesê, want ons
grondwet is van so `n aard dat almal se regte beskerm word. Hier by
ons sal die chaos en "menseregte"-skendings van Zim nooit plaasvind
nie. Nou, nog nie eers vyf jaar later nie, publiseer die ANC/SAKP-
regime wetgewing wat hulle in staat stel om presies te doen wat
Mugabe en sy bendes in Zim gedoen het. Die enigste verskil is dat
hulle hier by ons nie eers die "oorlogsveterane" nodig sal hê nie.
Nee, hier sal hulle sommer van die begin af die mag van die reg en
die gereg gebruik om ons erfgoed te vat.
Ons het die afgelope weke gehoor en gelees hoe die ANC se nuwe
manifes oor "bemagtiging" van Swartes op plase en op landbougrond
vereis dat `n sekere persentasie van ons landbougrond oor sekere
tydperke eenvoudig aan die Swart massas oorhandig moet word. So mik
hulle daarna om oor die volgende tien jaar net mooi die helfte van
al ons aktiewe en produserende landbougrond vir bemagtingsdoeleindes
van eienaar te laat verwissel! Goed, `n mens kan sê dat die regime
hier by ons waarskynlik aanvanklik redelike kompensasie sal betaal
vir die plase wat hulle onteien. Maar dan is dit ook so dat boere
hulle nie meer op die hof sal kan beroep as hulle nie tevrede is met
die geld wat hulle aangebied word nie. Ons weet mos ook van die wet
wat onlangs ingestel is wat die regime in staat sal stel om `n boer
se plaas te onteien sonder die hulp van `n hofbevel.
Ek dink nie ons moet langer probeer redekawel oor of die ANC wel
plase eensydig en sonder vrywillige samewerking van die boer sal vat
nie. Om daaroor te wil stry is `n mors van tyd. Wat my betref kan
ons dit as `n feit aanvaar dat ons sulke scenario's binne die
volgende paar jaar sal sien. Wat belangrik is, is die stappe wat ons
nou nog kan neem om die komende krisis in hierdie land te oorleef.
In hierdie verband is dit belangrik om te besef dat as ons die Zim-
pad gaan loop ten opsigte van die onteiening van plase, sal ons
logies ook die Zim-pad loop ten opsigte van voedselskaarstes,
ekonomiese ineenstorting en uiteindelik ook hongersnood.
Net soos `n paar jaar gelede sal daar nou ook diegene wees wat sal
sê dat ons situasie "anders" is as die situasie in Zimbabwe en dat
ons daarom nie sommer dieselfde pad sal loop ten opsigte van
ekonomiese en sosiale ineenstorting nie. Vir diegene wat hierdie
standpunt wil huldig, wag daar ongelukkig `n ernstige ontnugtering.
Dit is `n feit dat Suid-Afrika se landbou-ekonomie een van die heel
belangrikste rolspelers en komponente van die totale landsekonomie
is. Veral ten opsigte van werksgeleenthede wat beskikbaar is, is die
landbousektor byna uniek. Daarby voed die landbouers van die land
letterlik die nasie. Dit is by wyse van uitsondering dat daar
enige stapelvoedselprodukte soos mielies of koring deur Suid-Afrika
ingevoer hoef te word. Die teenoorgestelde is eerder waar. Vir jare
al produseer Suid-Afrika genoeg graan om ook miljoene Swartes in
Afrika aan die lewe te hou.
Wat sal gebeur as die helfte van ons graanboere egter oor die
volgende tien jaar van hul grond verwyder word en met "opkomende"
of "ontwikkelende" boere vervang word? Sal ons nog genoeg graan
produseer om al die pense vol te hou? Die antwoord is logies - nee!
Die kultuur van Afrika het kommersiële boerdery nog nooit werklik
geakkommodeer nie. In Afrika gaan landboubedrywighede inderdaad
eerstens oor die oorlewing van die landbouer en sy familie. Daarom
is bestaansboerdery vandag nog hul eerste prioriteit.
Wat sal dus die praktiese implikasies wees van `n scenario waar die
helfte van ons aktiewe landbouers in hierdie land
met "ontwikkelendes" vervang word? Die antwoord is maklik - daar sal
eenvoudig enorme tekorte ontstaan. Soos in Zimbabwe sal dié tekorte
dan weer `n onbillike las plaas op die res van die land se ekonomie,
omdat geld iewers gevind sal moet word om kos in te voer. En so word
die hele ekonomie uiteindelik oor die afgrond getrek.
Die situasie kan vergelyk word met `n huishouding waar daar ook
drastiese verandering kom. Veronderstel Piet verdien R10 000-00 per
maand, waarvan hy maandeliks R2 000-00 spandeer aan kos om sy
familie te voed. Nou verloor Piet sy werk. Sy inkomste word dus
eenvoudig weggevat. Stelselmatig begin Piet om al sy reserwes uit te
put om sy familie aan die lewe te hou. Uiteindelik, as hierdie
proses voltooi is, verloor Piet sy huis, sy motor en gewoonlik ook
al sy kosbare huisware. En laastens raak Piet desperaat, want sy
familie begin honger ly.
Presies dieselfde scenario sal afspeel as hierdie regime voortgaan
om Blanke boere te onteien ter wille van die siek speletjie
van "regstellende aksie". Voor ons ons oë uitvee, sal Suid-Afrika
net nog `n bedelende Afrika-hool wees, waar mense sterf van honger
en ontbering.
Ons tyd is min. Te min. Daarom kan ons nie langer vertraag word deur
praatjies nie. Ons moet nou begin met `n alternatiewe plan. En
hierdie alternatief sal net suksesvol kan wees as Afrikaners kan
saamstaan en saamwerk en eie gewin opsy kan stoot. En as ons kan
saamwerk vanaf `n gemeenskaplike basis uit innerlike oortuiging.
Sammajoor Sooibrand
www.hnp.org.za
--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
|
|
|